011 794 1548 / 082 924 2846

Baie Welkom by Japsnoet

Opvoedkundige Sentrum

Baie Welkom by Japsnoet

Opvoedkundige Sentrum

Ons Missie

Ons Missie

ons-lewe

Ons gee om vir elke maatjie, met onvoorwaardelike liefde en persoonlike aandag. Elke maatjie is spesiaal en uniek. Ons passie is om te groei saam met elke kind en ’n dinamiese verskil te maak met ’n “personal touch”. Ons streef daarna om die beste uit te bring in ons kinders en medewerkers en met liefde te dissiplineer en ons streef na wedersydse respek met ons ouers en kollegas. Ons lag oor die klein dingetjies in die lewe.

Boodskap van Hoof en Eienaar:

Elsa du Preez

Goeie dag en baie dankie dat u ons webtuiste besoek. Ek is Elsa du Preez, eienaar en hoof van Japsnoet. Japsnoet beteken “my kosbaarste klein dingetjie”.

Ek is getroud met Daan du Preez.  Hy is my beste maat en mentor en saam maak ons n sterk span wat ons vertroue volkome op God stel.  Ek het twee pragtige dogters – Lizandie en Rozelle.  Ons is die trotse oupa en ouma van drie kleinseuns.  Wat n voorreg is dit nie!

Dit was nog altyd my droom as kleuterjuffrou om eendag my eie skool te hê. Liewe Jesus het my toe in Januarie 2005 genoeg vertrou en so is die droom bewaarheid en die skool het begin met 8 kleuters.

Die skool spog vandag met ongeveer 130 kinders en 32 personeellede. Ek kan u verseker dat ons die beste personeel in die weste het. Ons almal se bloed is pers en ons is passievol oor dit wat ons doen.Speel en leer is ons wagwoord by Japsnoet.

Liewe Jesus se genade is groot en ons maak ons maats op n daaglikse basis bewus van God en Sy teenwoordigheid in ons lewens.

Die skool beskik oor ‘n karwag buite wat u sommer gou sal laat tuis voel. Hy het n paniekknoppie by hom wat dadelik kontak maak met n reaksie-eenheid sou hy enige ongeruimdhede bespiegel. Elke ouer kry toegang tot die skool deur die biometriese vingerafdruk stelsel. Die skool is ook binne en buite ten volle toegerus met sekuriteitskameras. Ons is ook in direkte verbinding met ‘n sekuriteitsmaatskappy en Netcare 911.

U kleuter se menswees is my eerste prioriteit en daarom sal ek alles in my vermoë doen sodat u met n geruste hart kan gaan werk.
U is enige tyd welkom om vir ons te kom kuier en u hoef dus geen formele afspraak te maak nie.
Hoop om u gou deel van ons persbloed- brigade te maak.

Japsnoet Sekretaresse:

Lindie Nel

Ek is Lindie Nel en is 26/02/1983 gebore. Ek het in Helderkruin grootgeword, saam 2 wonderlike ouers Francois en Myra met‘n jonger sussie Monique in ‘n huis waar Christelike beginsels en goeie waardes baie belangrik is.

Ek is 2014 met my “person” en beste vriend getroud Danie Nel. Hy het my baie van myself geleer as mens. Ons lewe het ook verander met die koms van ons seun Tristan wat 2017 gebore is.  Hy het ‘n GRROOOT persoonlikheid in sy klein lyfie.  Hy leer ons om voluit te lewe.  Hy het ons lewens kom verander. 

Ek is ‘n liefdevolle persoon en dit is my passie is om mense gelukkig te sien… As ek iemand kan help is my hart gelukkig! En sal ek altyd ‘n glimlag dra. Ek hou daarvan om goed mooi te maak, is altyd besig met ietsie décor. Om lekker kos te kook is vir my ook belangrik.

Dit is ‘n voorreg om deel van die Japsnoet span te wees en my wortels lê diep waar ek geland het in 2015.

Liefde groete
Lindie

Boekhoudster

Kombuisbestuurder